Monisme

’n Kol in ’n sirkel is deur Grieke gebruik om die eerste metafisiese entiteit, "die monade" of "die absolute", te verteenwoordig.

Monisme is ’n filosofiese denkrigting wat een beginsel, soos bestaan, aanvaar as die oorsprong van alle dinge en daaraan ’n "alleenheid" of uniekheid (Grieks: μόνος) toeken. Verskeie soorte monisme kan onderskei word:

  • Volgens prioriteitsmonisme kom alle bestaande dinge van ’n bron wat afsonderlik van hulle is, soos "die Een" in Neoplatonisme.[1] Hiervolgens is net een ding ontologies basies of gaan dit alles vooraf.
  • Bestaansmonisme leer daar bestaan streng gesproke net een ding, die heelal, wat bloot kunsmatig en arbitrêr in baie dinge verdeel kan word.[2]
  • Volgens materiemonisme kan ’n verskeidenheid bestaande dinge verduidelik word aan die hand van ’n enkele beginsel of wesentlikheid.[3] Daar bestaan dus net een soort ding, soos materie, maar baie dinge kan van dié ding gemaak wees.
  • Dubbelaspekmonisme is die siening dat die geestelike en fisieke twee aspekte van, of perspektiewe op, dieselfde beginsel is.
  1. Brugger 1972.
  2. Strawson, G. (2014): "Nietzsche's metaphysics?". In: Dries, M. & Kail, P. (reds): "Nietzsche on Mind and Nature". Oxford University Press. PDF
  3. Cross & Livingstone 1974.

Developed by StudentB